Tuesday, November 4, 2025
SA Holiday Periods
Tuesday, September 2, 2025
Johan Hattingh†

Oorlogsmuseum bring hulde aan Johan Hattingh
Die personeel van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein het dr. Johan Hattingh tot die einde as ’n kollega en vriend beskou en is baie hartseer oor die nuus van sy dood.
Die 57-jarige Hattingh, hoof van die departement toerisme aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein, is Donderdagoggend aan Covid-19 dood.
Tokkie Pretorius, direkteur van die museum, sê hoewel hy reeds in 2006 weg is by die museum, het hy nooit sy verbintenis met hulle verbreek nie.
“Uit die aard van sy beroep en opregte belangstelling in die Anglo-Boereoorlog het hy betrokke gebly by die museum. Dit is waarom die museum hom as ’n kollega en vriend sal onthou.”
Hy sê Hattingh het op 1 Februarie 1988 as vakkundige by die museum begin werk en het destyds in sy brief van diensaanvaarding gesê “u kan verseker wees van my deurentydse samewerking op alle gebiede”. Dié onderneming het hy tot die einde gestand gedoen met sy betrokkenheid by die museum se onlangse projek om ’n virtuele toerismekaart oor die oorlog te help saamstel.
Hy is in 2006 weg by die museum om by Senqu Toerisme te gaan werk en het later by die SUT aangesluit waar hy ook sy doktorsgraad verwerf het.
“In sy personeellêer is verskeie briewe van dankbetuigings deur mense en instansies vir die ekstra myl wat hy in sy loopbaan by die museum geloop het.”
Kol. Frik Jacobs verwys byvoorbeeld ná die 100-jarige herdenking van die oorlog na Hattingh as ’n ware spanspeler met ’n besondere kennis van die oorlog wat hy geduldig met sy medemens gedeel het.
“As vakkundige sal hy ook onthou word vir sy publikasie oor die blokhuise van die Anglo-Boereoorlog, ’n bron waarop steeds teruggeval word.
“Johan het sy laaste geveg gelewer. Sy voetspore, herinneringe en bydrae tot die museum sal altyd deel van die instansie se verhaal vorm,” sê die museum in ’n huldeblyk wat gestuur is aan sy kinders, Mareli, Leon en Estha, asook sy lewensmaat, prof. Deseré Kokt.
Hattingh was ook een van drie lede van die Bloemfonteinse Harley-Davidson-klub wat in dieselfde week aan Covid-19 dood is.
Hy was ook die broer van Marnus Hattingh, motorredakteur van Netwerk24
SA Holiday Periods
Public holiday periods South African holiday periods Country: Year: Max leave days: 0 1 2 3 4 5 ...
-
Public holiday periods South African holiday periods Country: Year: Max leave days: 0 1 2 3 4 5 ...
-
Oorlogsmuseum bring hulde aan Johan Hattingh Die personeel van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein het dr. Johan Hattingh tot die einde as ’n ...





